
=====================================================================
Die bedreiging kom van binne (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Die bedreiging kom van binne

In 'n artikel, Wat presies bedreig Afrikaans? Notas oor die dood in die parogiale pot, in 'n nuwe tydskrif, Fragmente: Tydskrif vir 
Filosfie en Kultuurkritiek --   mede-ondersteun deur die SvA -- behandel Johann Rossouw wat hy beskou as Afrikaans se "grootste 
bedreiging".   Hier volg 'n verkorte weergawe met die toestemming van die skrywer.

DAAR word ges dat Afrikaans besig is om agteruit te gaan, en dit wel om twee redes: die verengelsing van die openbare sfeer, en die 
afskaling van die taal in openbare instellings.

Die reaksies op hierdie bedreiging ken u ook al teen hierdie tyd. Ek wil nie die waarde van hierdie aksies of die omvang van die openbare 
druk op Afrikaans misken nie. Maar ek wil aan die hand doen dat hierdie bedreiging nie die enigste of die ernstigste is waarmee Afrikaans 
vandag te doen het nie.

Ek dink dat die grootste bedreiging van Afrikaans uit 'n ander rigting kom: haar parogialiteit, haar kleinlike etnosentrisme, haar 
intellektuele armoede. Afrikaans se grootste bedreiging is haar sprekers, wat nie besef hoe klein hul wreldjie geword het nie.

Stel uself die vraag waarom 'n nie-spreker van 'n taal daardie taal sou wou aanleer. In die eietydse wreld is slegs twee redes hiervoor, 
naamlik die ekonomiese en die geestelike waarde wat so 'n taal mag h.

Jongmense meet sukses nie meer in terme van akademiese of kunsvoortreflikheid nie, maar in terme van ekonomiese welvaart. Dan hoor 'n mens 
ook nog gereeld van hoeveel swart studente Afrikaans op universiteit neem, weens die deure wat hulle hoop dit vir hulle in die 
beroepswreld sal open.

Ek wil nie die waarde en belang van ekonomiese sukses in die algemeen, en vir Afrikaans in die besonder, misken nie. Maar die feit bly dat 
'n oorbeklemtoning van die ekonomiese waarde van 'n taal in wese twee gevare oor die hoof sien, naamlik die posisie van Engels as 'n 
handelstaal in die wreldekonomie, en die toenemend armoedige aard van ekonomiese taalgebruik self.

Dit is ou nuus dat Engels die grootste taal ter wreld is en vinniger as enige ander taal groei. Dit val te betwyfel of Afrikaans ooit die 
plek van Engels as 'n handelstaal in Suid-Afrika sou kon inneem. Na my mening is dit in elk geval 'n onsinnige oogmerk, as gevolg van die 
toenemend armoedige aard van ekonomiese taalgebruik.

Navorsing in Frankryk het bevind dat die gemiddelde aktiewe woordeskat van Franse jeugdiges in die handelswreld tot vyfhonderd woorde 
beperk is. Die primre kenmerk van die oorgrote meerderheid geslaagde ekonomiese ondernemings is hul funksionele omgang met die 
werklikheid. Die kapitalistiese projek berus op die voorveronderstelling dat die werklikheid kwantifiseerbaar is. Wanneer 'n werklikheid 
eers gekwantifiseer is, is dit moontlik om dit te onderwerp aan die uitvoering van die funksies wat nodig is om die onderneming aan die 
gang te hou. En so 'n gehomogeniseerde werklikheid vereis nie 'n vreeslik uitgebreide woordeskat om dit te beskryf nie.

Studievelde soos kuns en filosofie gaan veral oor watter ander maniere van kyk en wees dit tot stand kan bring. Die geestelike wreld, soos 
die kunste en kultuur, se waardevolste bate is sy diversiteit, sy "onfunksionele" en onkwantifiseerbare aard.

Om dus die toekoms van Afrikaans primr aan haar ekonomiese waarde te wil verbind, het beperkte moontlikhede.

Maar wat van Afrikaans se geestelike waarde? Ek is bevrees dat ons hier nog harder gekonfronteer word met die parogialiteit waartoe 
Standaardafrikaans vandag verval het. In 'n sekere stadium was reisliteratuur 'n bloeiende bedryf in Afrikaans -- dink maar aan Brink se 
reisbeskrywings in die sestigs, sowel as Schoeman se Ierse reisbeskrywings en sy Onderweg uit die sestigs en sewentigs.

Daar was ook op 'n tyd 'n lewendige vertaaltradisie in Afrikaans. Skrywers is ook eens deur denkstrominge en kunsbewegings uit ander 
wrelddele benvloed. Voorbeelde hiervan is Nietzsche (Van Wyk Louw), eksistensialisme (Jan Rabie en ander Sestigers), surrealisme (Breyten 
Breytenbach), die Franse nuwe roman (Brink), Jung (Etienne Leroux). Daar was 'n tyd toe die Huisgenoot as 'n intellektuele blad beskou is. 
Onder Willem de Klerk het Rapport minstens nog 'n sinvolle debat aan die gang probeer hou in "verligte" terme, en voor dit was daar nog 
Brink se uitstekende boekeblad in Rapport.

Maar hierdie dinge het alles feitlik uitgesterf.

Afrikaanssprekendes is lief daarvoor om alliansies en vergelykings met ander klein taaltjies aan te gaan. Feit van die saak is dat, om maar 
die twee voorbeelde van Fins en Nederlands te noem, ons dekades agtergeraak het by hierdie tale. Die meeste van die wreld se groot 
skrywers en filosowe is in Nederlands vertaal. 'n Relatief swaar teologiese werk soos Schillebeeckx se Leven van Jezus het in die 
tagtigerjare binne tien jaar meer as elf drukke beleef. 'n Vertalingsfonds bestaan in Finland waarmee belangrike werke in Fins vertaal 
word.

In die lig van voorgaande is dit my voorstel dat ons ernstig moet besin oor die geestestoestand van Afrikaans.

Daar is vier belangrike kwessies waaraan aandag gegee kan word. In die eerste plek moet Afrikaans haar as 'n minderheidstaal begin bedink. 
Daarom is dit vanselfsprekend dat Afrikaans moet skakel met sprekers van ander klein tale. Hoe hou die sprekers van Sloweens of Armeens hul 
taal lewendig? Wat kan ons leer van Finse taalonderrig? Hoe hou die Aborigines 'n twintigtal dialekte aan die gang? In Europa is 
kultuurfeeste van klein etniese en taalgroepe vandag 'n belangrike neiging. Miskien het dit tyd geword dat ons self dink aan 'n kultuurfees 
van minderhede, en kan die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op meer internasionale en minderheidswyse begin dink.

In die tweede plek is die herstel van 'n vertaaltradisie in Afrikaans dringend nodig. Afrikaanssprekendes beskik sekerlik oor die kapitaal 
en kundigheid om 'n vertaalsentrum tot stand te bring sodat ons weer op hierdie wyse deel kan word van internasionale kultuurstrominge. Die 
Franse regering bedryf byvoorbeeld 'n vertaalsentrum wat beurse aan mense gee wat Franse werke in hul eie taal vertaal. Soortgelyke 
inisiatiewe bestaan in Finland en in Moskou by die Maxim Gorky-instituut. Kan Afrikaans nie hier formele institusionele kontak 
bewerkstellig nie?

In die derde plek sal die kwaliteit van die Afrikaanse media drasties moet verbeter. Dit spreek vanself dat media-instellings inligting 
moet dissemineer oor wat mense wil weet, ten einde winsgewend te bly. Maar wat van die media se verantwoordelikheid oor wat mense moet 
weet?

In die vierde plek sal daar meer aandag gegee moet word aan die Afrikaanse diaspora. Mense soos Clarabelle van Niekerk   (Noord-Amerika), 
Eben Venter   (Australi) en Liezl Louw (Parys)   het elk in die afgelope vyf jaar of wat op hul onderskeie gebiede uitstekende bydraes 
gelewer. Verlede jaar was emigrasiesyfers onder Afrikaanssprekendes vir die eerste maal die hoogste van die groepe landverlaters. Daar sal 
maniere gevind moet word om hierdie mense se bydraes in die Afrikaanse geesteswreld te hoor.

As ons weer ons lewenskragtigheid wil herwin sal ons in osmose met dit buite ons moet tree, want nuwe kompos is dringend in die taalakker 
nodig. Johann Rossouw,   filosoof, is een van die redaksielede van Fragmente. Inligting by e-pos: fragment@global.co.za
Posbus 12707, Hatfield 0028.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5413.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

